Vingerpol
Die vingerpol (Euphorbia caput-medusae) is 'n struik wat tot die genus Euphorbia behoort en kom ook saam met fynbos voor. Die spesie is endemies in die Noord-Kaap en Wes-Kaap. Die struik kom voor op sanderige gelyktes langs die kus en klipperige hange, vanaf Oranjemund tot by die Kaapse Skiereiland en ook by Mosselbaai.
Vingerpol | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. caput-medusae |
Binomiale naam | |
Euphorbia caput-medusae L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n struik wat tot 40 cm hoog word. Die takke word 10 tot 30 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blare is smal, vlesig en verwelk gou. Die blomhofies word omring deur diep gefraiingde groen en wit kliere wat soos kroonblare lyk, dit is 12 - 20 mm in deursnee.
Die naam medusae verwys na Medusa se kop, wat se kop met slange bedek was.
Galery
Bronne
- Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, ISBN 978 1 920217 01 3
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.