Viking 2

Viking 2 was 'n ruimtesending om die planeet Mars te verken. Die sending was deel van die Amerikaanse Viking-program. Net soos die Viking 1, bestaan die ruimtetuig uit 'n wenteltuig en 'n landingstuig.

Die Viking 2 se lander
Die Viking 2 se wenteltuig

Die Viking 2 is op 9 September 1975 met behulp van 'n Titan IIIE-vuurpyl gelanseer. Op 7 Augustus 1976 bereik dit die planeet Mars. Op 3 September 1976 stryk die tuig se landingstuig op die planeet neer. Die gebied waar die Viking 2 geland het staan as die Utopia Planitia (22:58 UTC, MSD 36500 00:34 AMT, 3 Mesha 195 Darische) bekend.

Die Viking 2 se wenteltuig vlieg tot 22 kilometer van die maan Deimos en neem skerp foto's van die kleinste van die twee mane van Mars.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.