Vier-en-twintig Riviere
Vier-en-twintig Riviere is 'n rivier en boerderystreek tussen Porterville en Gouda in die Wes-Kaap.
![](../I/South_Africa_adm_location_map.svg.png.webp)
![](../I/Red_pog.svg.png.webp)
Ligging van Vier-en-twintig-riviere in Suid-Afrika.
Die rivier ontspring aan die westekant van die Groot-Winterhoekberge en aan die voet van die berge verdeel dit in verskeie strome. Die R44-provinsiale pad kruis op 68 m bo seevlak die hoofstroom tussen Saron en Halfmanshof. Kort daarna sluit dit by die Bergrivier aan. Net na hierdie samevloeiing gaan die spoorlyn tussen Hermon en Porterville oor die Bergrivier.
In 1706 word die eerste wei-lisensies in die gebied aan J.S. Botma en B.P. Blom toegeken. Teenswoordig word hier met koring, tafeldruiwe, sitrus en olywe geboer. Sedert 1971 voer 'n kanaal van 22 km lank water uit die rivier na die Voëlvleidam.
Koördinate: 33.19176°S 18.93558°O
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.