Vicenza
Vicenza (Italiaans: [viˈtʃɛntsa] , Venesiaans: Vicensa) is 'n stad in die noorde van Italië, geleë in die administratiewe gewes Veneto, sowat 200 km oos van Milaan, met 'n bevolking van 113 655 in 2012. Dit is 'n belangrike sentrum vir ekonomiese bedrywighede en een van die welvarendste nedersettings in Veneto en heel Italië. Die stad beskik oor baie besienswaardighede. Die historiese stadsentrum van Vicenza is in 1994 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en in 1996 is die gebied uitgebrei.
Città di Vicenza | |
---|---|
Città di Vicenza Ligging in Italië | |
Koördinate: 45°33′00″N 11°33′00″O | |
Land | Italië |
Streek | Veneto |
Provinsie | Vicenza |
Regering | |
• Burgemeester | Francesco Rucco |
Oppervlak | |
• Totaal | 80 km2 (30 vk. myl) |
Hoogte | 39 m (128 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 113 655 |
• Digtheid | 1 400/km2 (3 700/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 36100 |
Skakelkodes | 0444 |
Webwerf | comune.vicenza.it |
Vicenza en die omliggende provinsie word verbind met die befaamde Renaissance-argitek Andrea Palladio wat met sy werk beslissende invloed op die boukuns van Europa en oorsese gebiede uitgeoefen het. In die verruklike landelike omgewing het villas en paleise ontstaan wat deur Palladio en ander boumeesters vir welvarende opdraggewers ontwerp is. Vicenza se boukuns het groot bewondering uitgelok by literêre en ander bekende persoonlikhede van dwarsoor die wêreld - onder wie die Argentynse skrywer Jorge Luis Borges wat deur die Teatro Olimpico oorweldig is.[2]
- Die Basilica Palladiana
- Piazza dei Signori - Torre Bissara - Piazza della Biade
- Palazzo Chiericati
- Andrea Palladio
- Santa Maria Annunciata
- Teatro Olimpico
Besienswaardighede
- Teatro Olimpico
- Basilica Palladiana
- Palazzo Chiericati
- Palazzo Barbaran da Porto
- Villa La Rotonda
Verwysings
- (it) GeoDemo - Istat.it Geargiveer 28 Julie 2020 op Wayback Machine
- "Discover Italy: Vicenza, Palladio's Legacy. Besoek op 20 Augustus 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vicenza.
- (en) (fr) Amptelike UNESCO-bladsy