VfL Oythe
VfL Oythe is 'n sportklub uit Vechta in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir gimnastiek, vlugbal en voltige (gimnastiek op perde). Oythe is 'n dorpswyk van Vechta wat tot in 1933 'n onafhanklike dorp was.
Volledige naam | Verein für Leibesübungen Oythe 1947 e. V. |
Stigtingsdatum | 7 Junie 1947 |
Tuisveld | An der Hasenweide, Vechta |
Kapasiteit | 2 500 |
Kompetisie | Oberliga Neder-Sakse Oos |
Die klub is op 7 Junie 1947 gestig, maar die mans-sokkerafdeling het nog altyd in die laer streeksligas meegeding. Die grootste prestasie was om in 2009 na die Oberliga te promoveer.
Die klub het bekendheid verwerf deur sy dames-vlugbalafdeling, wat in die 1980’s in die 1. Bundesliga meegeding het en in 1983 tweede geëindig het. Die klub het in hierdie tyd verskeie spelers vir die Duitse nasionale vroue-vlugbalspan opgelewer.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen | |
SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - |