VfL Oldenburg
VfL Oldenburg is 'n sportklub uit Oldenburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir prelbal, handbal, atletiek, dans, gimnastiek, pluimbal en vlugbal. Die suksesvolste span is sonder twyfel die dames-handbalspan, wat 'n instelling in die handbal-Bundesliga vir dames is.
Volledige naam | Verein für Leibesübungen Oldenburg von 1894 e.V. |
Stigtingsdatum | 1 Maart 2008 |
Tuisveld | Stadion an der Alexanderstraße, Oldenburg |
Kapasiteit | 3 500 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Wes |
Die klub is op 21 September 1894 gestig as Turnverein Jahn Oldenburg. Op 12 Junie 1912 is die naam verander na Sportverein Frisia Oldenburg. In 1933 is daar met SV Oldenburg saamgesmelt om Oldenburger Sport-Club te vorm en twee jaar later is die huidige naam aangeneem. Die klub se grootste prestasie was om een seisoen (1943/44) in die Gauliga Weser-Ems op die hoogste vlak mee te ding.
Die klub handhaaf 'n goeie verhouding met SV Werder Bremen en die twee spanne speel gewoonlik elke seisoen 'n vriendskaplike wedstryd teen mekaar.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen | |
SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - |