VfB Pößneck
VfB Pößneck is 'n Duitse sokkerklub uit Pößneck in die deelstaat Thuringen.
Volledige naam | Verein für Bewegungsspiele 1909 Pößneck e. V. |
Stigtingsdatum | 2 Augustus 1909 |
Tuisveld | Sportpark an der Warte Pößneck |
Kapasiteit | 2 500 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Suid |
Die klub is op 2 Augustus 1909 gestig as die Verein für Bewegungsspiele 1909 Pößneck e.V. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind en dit is eers weer in 1950 herstig. Vanaf 1950 tot 1980 was die klub se naam BSG Fortschritt Pößneck en tussen 1980 en 1990 BSG Rotasym Pößneck. Na die Duitse hereniging het die klub in 1990 met BSG Rotation saamgesmelt om Sportgeminschaft Pößneck te vorm. Die klub is in 1991 herdoop na SV WSD Pößneck en in Mei 1994 het die klub sy oorspronklike naam weer teruggeneem.
Die klub se tuisveld is die Sportpark an der Warte in Pößneck, wat op 17 Mei 1925 ingewy is.
Onlangse ligaposisionering
|
Eksterne skakels
- Amptelike klubblad Geargiveer 24 Oktober 2010 op Wayback Machine
- Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen | |
VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | | |