Vervalenergie
Die vervalenergie is die energie vrygestel deur 'n kernverval aksie.
Die verskil tussen die massa van die reaksie elemente en die massa van die produkte word dikwels uitgedruk as:
- Q = (massa van reaksie elemente) - (massa van produkte)
Dit kan ook as energie beskryf word deur Albert Einstein se bekende formule E=mc².
Vervalenergie word gewoonlik in terme van energireenhede MeV (mega elektronvolt) of KeV (kilo elektronvolt) uitgedruk.
Tipes radioaktieweverval sluit in
- gamma uitstraling
- betaverval (vervalenergie is verdeel tussen die uitgestraalde elektron en die onsigbare neutrino wat terselfdetyd uitgestraal word)
- alfaverval
Eksterne skakels
- Universiteit van Waterloo wetenskap departement Geargiveer 4 September 2012 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.