Vertikaal

Vertikaal (Latyn: vertex, draaipunt, hoogste punt) is die lyn wat in dieselfde rigting as swaartekrag wys. Dit wil sê, die lyn wat reguit opwaarts of afwaarts loop. Die vertikaal is reghoekig aan die horisontale vlak.

Vir die gelyknamige musiekgroep, sien Vertikaal (musiekgroep).
'n Skietlood word gebruik om die vertikale rigting te bepaal.

Bepaling van die vertikaal

Die vertikale rigting kan deur middel van 'n skietlood bepaal word. Dit is een van die oudste metodes, en is al deur die antieke Egiptenare gebruik. Alhoewel 'n waterpas eintlik die horisontale vlak bepaal, kan hy ook gebruik word om die vertikaal te bekom, aangesien die vertikaal altyd loodreg op die horisontale vlak lê.

In Fisika

In fisika word die vertikaal formeel beskryf as die rigting parallel met die gradiënt van die swaartekrag potensiaal. Dit beteken dat die vertikale rigting van punt tot punt verander, en in 'n onreëlmatige gravitasieveld is die vertikaal nie noodwendig 'n reguit lyn nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.