Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan
Die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (Frans: îles Éparses of îles Éparses de l’océan Indien) bestaan uit vyf baie klein en onbewoonde Franse eilande in die Indiese Oseaan, wat sedert 2007 as die vyfde distrik tot die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede behoort. Hierdie eilande het 'n gesamentlike oppervlakte van 44 km² en lê gegroepeer rondom die eiland van Madagaskar.
| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité | |||||
Ligging van die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan | |||||
Kaart van die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan | |||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Hoofstad | Saint-Pierre op Réunion | ||||
Grootste stad | Geen | ||||
Oppervlakte - Totaal | 44 vk km | ||||
Bevolking - Totaal - Bevolkingsdigtheid | 0 0/vk km | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR) | ||||
Tydsone | UTC: UTC +4 | ||||
Volkslied | La Marseillaise |
Die vyf eilande is:
- Bassas da India (Île Bassas-da-India), atol; van Madagaskar geëis.
- Europa-eiland (Île Europa), atol; van Madagaskar geëis.
- Glorioso-eilande (Îles Glorieuses), atol; van die Comore-eilande en Seychelle geëis.
- Juan de Nova-eiland (Île Juan-de-Nova), eiland; van Madagaskar geëis.
- Tromelineiland (Île Tromelin), eiland; van Madagaskar en Mauritius geëis.
Atol / Eiland | Stasie- personal |
Opper- vlakte km² |
Lagoon km² |
EES km² |
Koördinate |
---|---|---|---|---|---|
Glorioso-eilande | 11 | 4,3 | 29,6 | 48 350 | 11°34′37″S 47°17′46″O |
Juan de Nova-eiland | 14 | 4,8 | - | 61 050 | 17°3′14″S 42°43′21″O |
Bassas da India | - | 0,2 | 79,8 | 123 700 | 21°28′34″S 39°40′46″O |
Europa-eiland | 12 | 28 | 9 | 127 300 | 22°21′48″S 40°21′48″O |
Tromelineiland | 19 | 0,8 | - | 280 000 | 15°53′25″S 54°31′23″O |
Totaal | 56 | 38,1 | 118,4 | 640 400 |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.