Versamelvoël
Die versamelvoël (Philetairus socius) is 'n sangvoël wat in suidelike Afrika voorkom. Die voël behoort aan die familie van wewervoëls (Ploceidae) en is endemies aan Suidelike Afrika. Uiterlik lyk hulle baie soos die huismossies.
Versamelvoël | |
---|---|
Versamelvoël in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Philetairus A. Smith, 1837 |
Spesie: | P. socius |
Binomiale naam | |
Philetairus socius (Latham, 1790) | |
Subspesies | |
P. s. socius | |
verspreiding in Suid-Afrika, Namibië en Botswana |
Identifikasie
Die voël is 14 cm lank en weeg 24 tot 32 gram. Die snawel is lig gekleur met 'n swart gesigsmasker en geskubde rug. Die geslagte lyk eenders. Die volwasse voël het geskubde swart sye.
Gedrag
Die voël is 'n groepvoël en koöperatiewe broeier. Hulle maak 'n grasdaknes wat op 'n paal (telefoonpale is gewild), windpomp of boom gebou word. Hulle bou die grootste nes van alle voëls en die nes kan tot 500 kamers hê.
Ander name
- Ander Afrikaanse naam: Familievoël
- Engelse naam: Sociable Weaver
- Duitse naam: Siedelweber
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Philetairus socius. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Philetairus socius". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.