Verneukpan
Verneukpan is 'n soutpan (uitgedroogde soutmeer) in die provinsie Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die soutpan is vanweë sy uitkykposte gewild onder voëlliefhebbers. Die pan is 19 by 42 kilometer (12 by 26 myl) groot.
![](../I/Verneukpan2.jpg.webp)
Oppervlakte van die pan
In die somer van die jaar 1929 probeer Sir Malcolm Campbell met sy Napier-Arrol-Astor Bluebird-renmotor om in hierdie uitgestrekte vlakte 'n aanslag op die spoedrekord op land te maak. Hy behaal 'n snelheid van 254 myl per uur.
Bronne
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.