Verlatenkloofpas
Verlatenkloofpas is 'n bergpas oor die Roggeveldberge suid van Sutherland op die R354 na Matjiesfontein. Die pas bereik 'n hoogte van 1 584 m en 'n helling van 1:10.
Verlatenkloofpas | |
Verlatenkloofpas |
|
Koördinate: 32°32′37″S 20°36′48″O | |
---|---|
Ligging | Suid van Sutherland. |
Maksimumhelling | 1:10 |
Hoogte | 1 584 m |
In | Roggeveldberge |
Pad | R354 |
Die pas is deel van die eerste pad van die Kaap na die noorde. Hierdie roete het gegaan oor die huidige Michellspas, Ceres, Karoopoort, deur die Tankwa Karoo, en dan deur die Verlatenkloof na die huidige dorp Sutherland. Die Duitse plantkundige Hinrich Lichtenstein het hierdie roete gevolg in 1805 en na die ontdekking van diamante by Kimberley was dit deel van die grootpad wat deur die poskoetse na die Noorde gevolg is.
Die pas is gebou deur Thomas Bain vanaf 1875.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.