Vergulde snellervis

Die vergulde snellervis (Xanthichthys auromarginatus) is 'n vis wat in verskeie geïsoleerde groepe in die Indiese- en Stille Oseane voorkom. Dit kom ook langs die kus van KwaZulu-Natal voor; dit is 'n seldsame spesie.

Vergulde snellervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Xanthichthys
Spesie:
X. auromarginatus
Binomiale naam
Xanthichthys auromarginatus
(Bennett, 1832)

Identifikasie

Die vis se kleur verskil tussen die geslagte. Die wyfies is grys met rye wit kolletjies op die rye skubbe. Daar is 'n swart streep op die basis van die tweede dorsale- en anale vinne. Die stertvin het 'n swart rant.

Die mannetjies is grysblou met klein wit kolletjies op die rye skubbe en daar is 'n groot, helderblou vlek op die onderkant van die ronde kop. Die mediaanvinne het geel rante.

Habitat

Die vis leef in diep, aflandige riwwe in water wat 20 tot 70 m diep is. Hulle word min gewaar in water wat vlakker as 30 m is. Hulle leef as alleenlopers maar word soms gesien in los groepe wat uit visse van beide geslagte bestaan in gebiede waar daar redelike strome is. Die vis vreet soöplankton.

Sien ook

Bron

  • Dennis King & Valda Fraser. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.