Verdragboom

Die Verdragboom (ook bekend as die Traktaatboom) is 'n ou melkhoutboom in Treaty Road (langs Springstraat) en suid van die spoorlyn in Woodstock waarby op 10 Januarie 1806 die vredesverdrag na die Slag van Blaauwberg onderteken is. Die terrein is die eiendom van die Stad Kaapstad en die melkhoutboom daarop is in 1967 tot gedenkwaardigheid verklaar.

Die Verdragboom in 1980
Die Verdragboom in 2012

Ander melkhoutbome wat tot monumente verklaar is, is die Poskantoorboom by Mosselbaai, die Fingo-melkhoutboom en die Renosterfontein-melkhoutboom.

Bibliografie

  • Green, Lawrence G.: I heard the old men say. Kaapstad: Howard Timmins, 1964.
  • Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.