Venusmandjie
Die Venusmandje (Euplectella aspergillum) behoort tot die filum Porifera (sponse) en die klas Hexactinellidae (glassponse). Die skeletnaalde bestaan uit kieselsuur. Deur die groei van skeletnaalde kry die geraamte dikwels die aansien van 'n traliewerk. Hierdie spesie word tot 100 cm groot en leef op 'n diepte van 100 tot 5 000 meter. Die epidermis is 'n sintium.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.