Venus Williams
Venus Ebony Starr Williams (gebore 17 Junie 1980 in Lynwood, Kalifornië) is 'n Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is 'n voormalige Wêreldnr. 1-speelster en het al 'n Olimpiese goue medalje asook 23 Grand Slam-titels gewen, waaronder sewe enkelspeltitels (waarvan vyf tydens die Wimbledon-kampioenskap), 14 vrouedubbelspeltitels en twee gemengdespeltitels. Williams is die ouer suster van die voormalige Wêreldnr. 1-tennisspeelster, Serena Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Venus 12 gewen het. Die Williams-susters is bekend vir hulle kragtige spel en Venus hou die rekord vir die vinnigste dienslag ooit deur 'n vroulike speler in 'n wedstryd: 206 km/h. Sy is tans die wêreld se nommer 474-damestennisspeler.[1]
Venus Williams tydens die VSA-Ope in 2016 | ||
Volle naam | Venus Ebony Starr Williams | |
---|---|---|
Land | Verenigde State | |
Woonplek | Palm Beach Gardens, Florida[1] | |
Geboortedatum | 17 Julie 1980[1] | |
Geboorteplek | Lynwood, Kalifornië[1] | |
Lengte | 1,85 m[1] | |
Kollege | Indiana Universiteit-Oos (BSBA) | |
Afrigter | Richard Williams Oracene Price Morris King David Witt (2007–2018) Eric Hechtman (2019–2023) Hugo Armando (2023–hede)[1] | |
Begin professioneel | 31 Oktober 1994[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $42 595 397 (soos op 29 Januarie 2024)[1] (2de van alle tye)[2] | |
Amptelike webblad | venuswilliams.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 818–276 (74,8%)[1] | |
Loopbaantitels | 49 WTA[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (25 Februarie 2002)[1] | |
Huidige rang | No. 474 (29 Januarie 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | E (2003, 2017) | |
Franse Ope | E (2002) | |
Wimbledon | W (2000, 2001, 2005, 2007, 2008) | |
VSA-Ope | W (2000, 2001) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (2008) | |
WTA-kampioenskap | HE (2009) | |
Olimpiese Spele | Goue medalje (2000) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 185–38 (83,0%)[1] | |
Loopbaantitels | 22 WTA[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (7 Junie 2010)[1] | |
Huidige rang | No. – (29 Januarie 2024)[1] | |
Australiese Ope | W (2001, 2003, 2009, 2010) | |
Franse Ope | W (1999, 2010) | |
Wimbledon | W (2000, 2002, 2008, 2009, 2012, 2016) | |
VSA-Ope | W (1999, 2009) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue medalje (2000, 2008, 2012) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 28–8 (77,8%) | |
Loopbaantitels | 2 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | W (1998) | |
Franse Ope | W (1998) | |
Wimbledon | E (2006) | |
VSA-Ope | KE (1998) | |
Laaste opgedateer op: 29 Januarie 2024. |
Grand Slam-rekord
Die tabel toon Venus Williams se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1997 | Beseer | Rondte 2 | Rondte 1 | Eindstryd |
1998 | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
1999 | Kwarteindstryd | Rondte 4 | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2000 | Beseer | Kwarteindstryd | Wenner | Wenner |
2001 | Halfeindstryd | Rondte 1 | Wenner | Wenner |
2002 | Kwarteindstryd | Eindstryd | Eindstryd | Eindstryd |
2003 | Eindstryd | Rondte 4 | Eindstryd | Beseer |
2004 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Rondte 2 | Rondte 4 |
2005 | Rondte 4 | Rondte 3 | Wenner | Kwarteindstryd |
2006 | Rondte 1 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Beseer |
2007 | Beseer | Rondte 3 | Wenner | Halfeindstryd |
2008 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Wenner | Kwarteindstryd |
2009 | Rondte 2 | Rondte 3 | Eindstryd | Rondte 4 |
2010 | Kwarteindstryd | Rondte 4 | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2011 | Rondte 3 | Beseer | Rondte 4 | Rondte 2 |
2012 | Beseer | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 2 |
2013 | Rondte 3 | Rondte 1 | Beseer | Rondte 2 |
2014 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 3 |
2015 | Kwarteindstryd | Rondte 1 | Rondte 4 | Kwarteindstryd |
2016 | Rondte 1 | Rondte 4 | Halfeindstryd | Rondte 4 |
2017 | Eindstryd | Rondte 4 | Eindstryd | Halfeindstryd |
2018 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 3 |
2019 | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 2 |
2020 | Rondte 1 | Rondte 1 | Toernooi nie gehou nie | Rondte 1 |
2021 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 2 | Nie deelgeneem nie |
2022 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 |
2023 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Rondte 1 |
2024 | Nie deelgeneem nie |
Verwysings
- (en) "Venus Williams". Women's Tennis Association. Besoek op 29 Januarie 2024.
- (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 29 Januarie 2024. Besoek op 29 Januarie 2024.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Venus Williams.
- (en) Amptelike webtuiste
- (en) Venus Williams se ITF-profiel
- (en) Venus Williams se WTA-profiel
- (en) Venus Williams in die Internet-rolprentdatabasis