Ventersburg
Ventersburg is 'n dorp in die Lejweleputswa Distriksmunisipaliteit in die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is sowat 50 km suid van Kroonstad, 50 km noord van Winburg, oos van Welkom en Virginia en lê op die N1 nasionale pad.
Ventersburg | |
---|---|
Die N1 by Ventersburg | |
Ventersburg Ventersburg se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 28°5′5″S 27°8′22″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Matjhabeng |
Stigting | 1857 |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,09 km2 (1,19 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 297 |
• Digtheid | 420/km2 (1 100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 54,5% |
• Indiërs/Asiërs | 1,5% |
• Bruin mense | 2,7% |
• Swart mense | 40,3% |
• Ander | 1,0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 71,1% |
• Suid-Sotho | 15,8% |
• Engels | 5,7% |
• Xhosa | 3,0% |
• Ander | 3,4% |
Poskode (strate) | 9450 |
Poskode (posbusse) | 9450 |
Geskiedenis
Die dorp is op die plaas Kromfontein uitgelê in 1872. Die eerste eienaar van die plaas was P.A. Venter na wie die dorp genoem is in 1857. Venter was 'n veldkornet en vriend van Moshoeshoe. Toe Venter in 1857 sterf, het sy seun BG Venter ingestem dat sy huis as 'n kerk gebruik kan word. 'n Dorp het op die kerkplaas ontwikkel en die eerste erwe is in 1872 verkoop. Formele proklamasie het in 1876 gevolg. Verskeie gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind.
Distrik
Die distrik van 1 235 km² is van gemengde boerdery afhanklik: beeste, skape, mielies en koring.
Besienswaardighede
Daar is oorblyfsels van 'n klipskans, in die buitewyke van die dorp, wat in 1858 gebou is. Die klipskans is gebou om mense van die omgewing teen die Basoeto's te beskerm tydens die Oranje-Vrystaat se eerste oorlog met die hulle. Waar die N1 nasionale pad die Sandrivier kruis, sowat 18 km suid van die dorp, is die Sandrivierkonvensie gedenkteken. Dit is gebou om die konvensie wat op 17 Januarie 1852 geteken is te gedenk wat Zuid-Afrikaansche Republiek se onafhanklikheid van Brittanje waarborg.[2]
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Ventersburg". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ventersburg.