Venray

Venray (Limburgs: Venroj) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die provinsie Noord-Brabant en aan die Maas-rivier, en wat grotendeels in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 43 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 146 km².

Venray
Munisipaliteit
Merselojohanneskerk
Merselojohanneskerk
Vlag van Venray
Vlag
Wapen van Venray
Wapen
Ligging van Venray-munisipaliteit in Limburg
Ligging van Venray-munisipaliteit in Limburg
Koördinate: 51°32′00″N 5°58′00″O
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Limburg
Regering
  BurgemeesterHans Gilissen (PvdA)
Oppervlak
  Totaal146,36 km2 (56,51 vk. myl)
  Land145,63 km2 (56,23 vk. myl)
  Water0,73 km2 (0,28 vk. myl)
Bevolking
  Totaal42 932
  Digtheid295/km2 (764/vk. myl)
Poskode
5800 – 5804
Skakelkodes0478
Webwerfwww.venray.nl

Die munisipaliteit is 'n belangrike plek vir geestelike gesondheid en logistiek. Die munisipaliteit huisves ook 'n Duitse weermag grafplek (eerste en tweede wereldoorlog). Geskiedenis kundig het die Sint Petrusbandenkerk in Venray 'n belangrike versameling beelde van heilige wat die Beeldenstorm oorleef het.

Soos in die res van Limburg praat baie mense 'n Limburgs dialek.

Plekke

Plekke in die munisipale gebied van Venray:
Blitterswijck, Castenray, Geijsteren, Heide, Leunen, Merselo, Oirlo, Oostrum, Smakt, Venray (dorp), Veulen, Vredepeel, Wanssum en Ysselsteyn.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.