Velskoenblaar
Die velskoenblaar of bobbejaanoor (Haemanthus sanguineus) is 'n Suid-Afrikaanse bolplant wat endemies in die fynbos van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voorkom. Die SANBI-rooilys beskryf dit as 'n veilige (LC) en stabiele spesie.[1]
Haemanthus sanguineus | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | Tracheophyta |
Klas: | Liliopsida |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. sanguineus |
Binomiale naam | |
Haemanthus sanguineus Jacq., (1804) | |
Sinonieme | |
|
Die plant is dormant in die somer en kan nie gesien word nie. In die herfs verrys 'n treffende bloedrooi blom vanuit die grond. Dit bestaan uit 'n bloedrooi stam wat 'n massa van klein rooierige en geel blommetjies dra.
Die plant produseer twee ronde leeragtige blare in die herfs en winter. Hierdie blare lĂȘ plat op die grond en het tipies 'n rand van rooi haartjies. Die blare is diep groen aan die bokant, maar het pienk en rooi kolle aan die onderkant.
Fotogalery
- Bloeiwyse
- Plat, ronde blare
Verwysings
- "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Velskoenblaar.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.