Veilige spesie
’n Veilige spesie is ’n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir diere en plante wat nie kwalifiseer vir enige ander status soos bedreig, byna-bedreig of kritiek bedreig nie.
Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
’n Spesie behoort nie in dié kategorie geplaas te word sonder deeglike evaluering van sy bevolking nie. Genoegsame inligting is dus nodig om te bepaal dat geen bedreiging die spesie in die gesig staar nie.
Hoewel die IUBN "Veilige spesies" nie beskou as ’n ware rooilyskategorie nie, val 15 636 spesies nog in dié kategorie (soos in 2006). Dit sluit in 14 033 diere, wat verskeie ongespesifiseerde spesies insluit soos ’n padda van die genus Philautus.[1] Daar is ook 101 dieresubspesies en 1 500 plante (1 410 spesies, 55 subspesies en 35 variëteite).
Die mens is in 2008 amptelik geëvalueer en val ook in dié kategorie.[2]
Verwysings
- "Philautus sp. nov. 'Kalpatta'". The IUCN Red List of Threatened Species. Besoek op 19 Desember 2006.[dooie skakel]
- "IUCN Red List - Homo sapiens". The IUCN Red List of Threatened Species. Besoek op 12 Oktober 2008.
Eksterne skakels
- List of Least Concern species as identified by the IUCN Red List of Threatened Species