Varswaterpypvis

Die Varswaterpypvis (Microphis fluviatilis) is 'n varswatervis wat voorkom aan die ooskus van Afrika in riviere en mere suidwaarts tot by die voormalige Transkei. In Engels staan die vis bekend as die Freshwater pipefish.

Varswaterpypvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
(Kaup, 1853)[1]
Spesie:
M. fluviatilis
Binomiale naam
Microphis fluviatilis
(Peters, 1852)[2][3]

Voorkoms

Die mannetjie het 'n broeisak aan sy onderkant. Die vis word tot 210 mm lank en is blouerig groen tot geelgroen met dun vertikale strepe op die lyf.

Habitat

Die vis leef in stil water tussen plantegroei. Hulle vreet moontlik klein ongewerweldes. Die wyfie stort haar eiers in die broeisak van die mannetjie waar dit bly totdat die larwes uitbroei.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Verwysings

  1. Kaup J. J., 1853. Uebersicht der Lophobranchier. Arch. Naturgeschichte v. 19 (núm. 1). 226-234.
  2. BioLib (en)
  3. Peters, W. (C. H.), 1852. Diagnosen von neuen Flussfischen aus Mossambique. Monatsberichte der Akademie der Wissenschaft zu Berlin 1852: 275-276, 681-685.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.