Varswater-harder
Die Varswater-harder (Myxus capensis) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom voor van Valsbaai tot by Kosibaai. In Engels staan die vis bekend as Freshwater mullet.
Varswater-harder | |
---|---|
'n Naverwante soort | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. capensis |
Binomiale naam | |
Myxus capensis (Valenciennes, 1836) | |
Voorkoms
Die vis word 45 cm lank. Die vis is silwerkleurig wanneer dit in varswater is en word donker aan die bokant wanneer dit in soutwater (in die see) kom.
Gewoontes
Die vis is meer volop in die Kaapse riviere as ander harderspesies en kan tot 100 km na die binneland voorkom. Die vis bly die grootste gedeelte van sy lewe in varswater en gaan net na die see om eiers te lĂȘ tussen Maart en November. Damme en keerwalle verhoed die natuurlike migrasie van die vis en het tot gevolg dat hulle getalle aan die afneem is.
Sien ook
Bronne
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.