Valentinianus I
Valentinianus I, die Grote (Flavius Valentinianus) (3 Julie 321 – 17 November 375) was keiser van die Wes-Romeinse Ryk van 364 tot 375.
Valentinianus I | |
---|---|
65ste Keiser van die Romeinse Ryk | |
Solidus van Valentinianus I | |
Regeer | 26 Februarie – 28 Maart 364 (hele ryk); 26 Maart 364 – 17 November 375 (keiser van die weste) |
Volle naam | Flavius Valentinianus (vanaf geboorte tot toetreding); Flavius Valentinianus Augustus (as keiser) |
Gebore | 3 Julie 321; Cibalae, Pannonia Secunda (nou Vinkovci, Kroasië) |
Oorlede | 17 November 375 (op 54); Brigetio, Pannonia Valeria (nou Szőny, Hongarye) |
Voorganger | Jovianus |
Opvolgers | Valens, Gratianus en Valentinianus II |
Adellike huis | Valentiniaanse dinastie |
Vader | Gratianus die Ouere |
Eggenote | Marina Severa Justina |
Kinders | Gratianus Valentinianus II Galla Grata Justa |
Godsdiens | Christendom |
In Valentinianus se tyd is die projek om die 6 400 km lang grense te versterk wat onder Diocletianus begin het amper voltooi.[1]
In die oostelike deel regeer Valens wat deur sy oudere broer Valentinianus aangestel is. Hy word self ná die dood van Jovianus deur die leër as keiser benoem. Die twee dele van die ryk begin onder hom en sy broer uit mekaar te groei. In die ooste is die Arianisme baie populêr en Valens bekeer hom tot hierdie vorm van Christendom. Valentinianus bly trou aan die eerste konsilie van Nicea, soos die meeste christene in die weste. Valentinianus kry veral te doen met invalle in Britannia en vanuit Germania aan die Ryn, wat in die boek de rebus bellicis beskryf word.[2]
Aan die noordelike grense probeer hy om Germaanse hoofde te gebruik om die situasie daar te verbeter. In 372 benoem hy byvoorbeeld Fraomarius as koning van die Bucinobantes. Later maak hy hom tibuun van 'n eenheid Alamanni en verplaas hom na Britannia om daar 'n krisis op te los.[3]
Hy word opgevolg deur Gratianus.
Verwysings
- Handbook to Life in Ancient Rome, Lesley Adkins, Roy A. Adkins Infobase Publishing, 2014, ISBN 0816074828, ISBN 9780816074822
- Historical Dictionary of Byzantium, John H. Rosser, Scarecrow Press, 2012, ISBN 0810875675, ISBN 9780810875678
- Romans, Barbarians, and the Transformation of the Roman World: Cultural Interaction and the Creation of Identity in Late Antiquity, Ashgate Publishing, Ltd., 2013, ISBN 140948209X, ISBN 9781409482093
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Valentinianus I.