Vaalpopulier
Die vaalpopulier (Populus x canescens) is skraal, bladwisselende, regop boom en 'n indringerplant wat feitlik dwarsoor Suid-Afrika voorkom behalwe die noordwestelike gedeeltes van die Noord-Kaap. Die bas is wit of grys met dwarsbande. Die jong boompie se blare is driehoekig en getand en die ouer bome se blare is enkelvoudig, rond en gaafrandig. Die boom kan tot 20 m hoog word. Die boom is 'n kruising van twee of meer Eurasiese Populus-spesies. Kolonies vorm van wortelsuiers.
Vaalpopulier | |
---|---|
Populus × canescens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Dicotiledónea Magnoliopsida |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. × canescens |
Binomiale naam | |
Populus × canescens (Aiton) Sm. | |
Bron
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vaalpopulier.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Vaalpopulier
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.