Vänernmeer
Die Vänernmeer (Sweeds: Vänern, [ˈvɛ̂ːnɛɳ]) is die derde grootste meer in Europa ná die Ladogameer en die Onegameer (beide in Rusland) met 'n oppervlakte van 5 650 km². Daarbenewens is dit die grootste meer van Skandinawië, Swede en die Europese Unie. Dit is in die suidweste van Swede, tussen Stockholm in die ooste en Gotenburg in die weste, geleë en grens aan die provinsies Västergötland, Dalsland en Värmland.
Vänernmeer | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Vänernmeer | |
Kaart van die Vänernmeer | |
Koördinate: | 58°55′N 13°30′O |
Ligging: | Swede |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 5 650 km² (2 180 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 27 m (89 vt)[1] |
Maksimum diepte: | 106 m (348 vt)[1] |
Volume: | 153 km³ (124 myl³)[1] |
Lengte: | 150 km (93 myl)[2] |
Breedte: | 81 km (50 myl)[2] |
Opvangsgebied: | 47 000 km² (18 147 myl²)[3] |
Omtrek: | 1 790 km (1 112 myl)[4] |
Invloei: | Klarälven, Gullspångsälven, Alsterälven, Borgviksälven, Byälven, Dalbergså, Lidan, Norsälven, Upperudsälven, Tidan |
Uitvloei: | Göta älv |
Eiland/e: | Brommö, Djurö, Fågelö, Hammarö, Kållandsö, Lurö |
Nedersettings: | Karlstad, Kristinehamn, Lidköping, Mariestad, Vänersborg, Åmål |
Die Vänernmeer vorm saam met die Vätternmeer deel van 'n waterstraat regdeur Swede tussen Gotenburg in die weste en die Oossee in die ooste, wat die Trollhätte-kanaal langs die Göta älv in 'n westelike rigting en die Göta-kanaal in 'n oostelike rigting insluit.
Gedurende die laaste ystydperk was die Vänernmeer met die see verbind, wat tot vandag toe in beide sy flora en fauna sigbaar is, byvoorbeeld mariene lewensvorme in varswater. In die see leef 35 verskillende visspesies. Sy topografie is te danke aan die naglasiale landoprysing.
Verwysings
- (en) Seppälä, Matti, red. (2005). The Physical Geography of Fennoscandia. Oxford University Press. p. 145. ISBN 978-0-19-924590-1.
- (sv) Vattenståndsmätningar i Vänern Geargiveer 1 Februarie 2012 op Wayback Machine (PDF; 1,5 MG) Sveriges meteorologiska och hydrologiska institut
- (sv) VattenWeb, Sveriges meteorologiska och hydrologiska institut
- (sv) Kust och stränder i Sverige (407 kb; PDF), Statistiska centralbyrån (http://www.scb.se)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vänernmeer.
- (en) "Lake Väner". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 April 2020.