University Estate
University Estate is 'n klein voorstad van Kaapstad, geleë aan die voet van Duiwelspiek na die ooste van die stad.
University Estate | |
---|---|
University Estate University Estate se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 33°56′20″S 18°27′5″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,27 km2 (0,10 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 789 |
• Digtheid | 2 922/km2 (7 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 44.4% |
• Indiërs/Asiërs | 10.9% |
• Bruin mense | 29.8% |
• Swart mense | 5.0% |
• Ander | 9.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 82.6% |
• Afrikaans | 9.0% |
• Ander | 8.4% |
Poskode (strate) | 7925 |
University Estate word begrens deur De Waalrylaan in die suide, Nelson Mandelaboulevard na die noorde, en Mountainweg in die weste. Na die suide lê die hange van Duiwelspiek binne die Tafelberg Nasionale Park, in die noorde lê Woodstock en Soutrivier, en na die weste lê Distrik 6 (Walmer-landgoed). Toegang vir stappers om Duiwelspiek te bereik is moontlik via trappe na De Waalrylaan op Kylemoreweg en 'n kort paadjie op die mediaan tussen die inkomende en uitgaande bane van die snelweg. Die bo-ent van Woodstock en Soutrivier is bereikbaar vanaf twee voetgangerbrûe oor Nelson Mandelaboulevard.
Verwysings
- Subplek University Estate Sensus 2011
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.