Universiteit van Amsterdam

Die Universiteit van Amsterdam (UvA) is een van die twee universiteite wat in Amsterdam, die hoofstad van Nederland, gesetel is. Die ander een is die Vrije Universiteit Amsterdam (VU).

Universiteit van Amsterdam
Geboue van die Universiteit van Amsterdam.

Latyn: Universitas Amstelodami
Gestig:1632
Tipe:Openbare universiteit
President:Vakante
Rektor:Prof dr Dymph van den Boom
Personeel:2 360[1]
Studentetal:29 783[1]
Ligging:Amsterdam, Noord-Holland, Nederland
52°22′6″N 4°53′25″O
Kampus:stedelik
Kleure:          Rooi en swart
Affiliasies:LERU, UNICA, EUA, Universitas 21
Webtuiste:uva.nl

Met 'n begroting van amper 600 million,[2] meer as 30 000 studente en omtrent 5 000 staflede, is die UvA een van die hoof universiteite in Europa. Die universiteit het 'n sterk internasionalisasie program en bied meer as 85 meestersprogramme in Engels aan, asook 'n aantal Nederlandse en Engelse kursusse.

Fakulteite

Die universiteit het in 2007 die volgende fakulteite gehad:

  • Fakulteit vir Geesteswetenskappe
  • Fakulteit vir Regsgeleerdheid
  • Fakulteit vir Geneeskunde
  • Fakulteit vir Tandheelkunde
  • Fakulteit vir Natuurwetenskappe, Wiskunde en Informatika
  • Fakulteit Ekonomie en Bedryfskunde
  • Fakulteit vir Maatskaplike- en Gedragswetenskappe

Alumni vanaf Suid-Afrika

Enkele bekende Suid-Afrikaners wat grade hier behaal het:

Verwysings

  1. "Facts and figures" (in Engels). University of Amsterdam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2019. Besoek op 2 Mei 2014.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2010. Besoek op 19 Desember 2010.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.