Universiteit
'n Universiteit is 'n instansie vir hoër onderwys en navorsing waar studente akademiese grade kan verwerf. Die woord universiteit is afgelei van die Latyns "universitas magistrorum et scholarium", wat rofweg beteken "gemeenskap van onderwysers en skoliere".[1]
Mense kan by 'n universiteit inskryf om 'n graad te verwerf. In teenstelling met skoolonderrig is opleiding by universiteite meer gespesialiseerd. So sal 'n persoon wat biologie aan 'n universiteit studeer verskeie modules oor biologie en verwante onderwerpe deurloop, maar min indien enige oor ander onderwerpe soos tale en geskiedenis.
Universiteite bied beide voorgraadse en nagraadse onderrig. Nagraadse studies konsentreer meestal op navorsing.
Universiteite van Suid-Afrika
Enkele van die universiteite in Suid-Afrika is:
- Universiteit van Suid-Afrika
- Universiteit van Pretoria in Pretoria (Tuks)
- Tshwane-Universiteit van Tegnologie in Pretoria
- Universiteit van Johannesburg - voormalige Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg (UJ)
- Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg (Wits)
- Universiteit van Limpopo, in Mankweng en Medunsa (Turfloop)
- Universiteit van Kaapstad in Kaapstad
- Universiteit van Wes-Kaapland in Kaapstad
- Noordwes-Universiteit in Potchefstroom en Mafikeng (Pukke)
- Rhodes Universiteit in Grahamstad (Rhodies)
- Universiteit Stellenbosch in Stellenbosch (Maties)
- Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein (Kovsies)
- Universiteit van Fort Hare in Alice en Oos-Londen
- Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban en Pietermaritzburg
- Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth
- Walter Sisulu-universiteit in Mthatha en Oos-Londen
- Universiteit van Mpumalanga in Mbombela
- Sol Plaatje Universiteit in Kimberley
Verwysings
Wikimedia Commons bevat media in verband met Universities and colleges. |
Sien universiteit in Wiktionary, die vrye woordeboek. |