Umzumbe
Umzumbe is 'n nedersetting langs die Indiese Oseaan in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Umzumbe is net suid van Hibberdene. Die N2 nasionale pad en R102 gaan naby Umzumbe verby. Dit is die geboorteplek van die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele.
Umzumbe | |
---|---|
Die ou St Elmos-kerk in Umzumbe | |
Umzumbe Umzumbe se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 30°37′30″S 30°32′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | Ray Nkonyeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,21 km2 (0,85 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 366 |
• Digtheid | 166/km2 (430/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 48.6% |
• Indiërs/Asiërs | 6.0% |
• Bruin mense | 4.9% |
• Swart mense | 40.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 42.2% |
• Zoeloe | 32.4% |
• Afrikaans | 22.0% |
• Xhosa | 2.0% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 4225 |
Poskode (posbusse) | 4225 |
Skakelkode | 039 |
Etimologie
Umzumbe is geleë suid van die monding van die Mzumberivier, waarvan dit sy naam kry; van Zoeloe-oorsprong. Die naam beteken die slegte, gevaarlike of kronkelende een.[2]
Ontspanningsareas
Umzumbe het een strand, die Umzumbe Beach wat 'n Blouvlagstrand is. Nabygeleë en groter strande op die Laer-Suidkus sluit Hibberdene, Ramsgate, St Michael's-on-Sea, Uvongo, Margate en Marina Beach in.[3][4] Nog 'n ontspanningsgebied is die Umzumbe Surf Camp.[5]
Sien ook
- Umzumbe Plaaslike Munisipaliteit, gelyknamige munisipaliteit. Die nedersetting Umzumbe lê egter in die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
- "Subplek Umzumbe". Sensus 2011.
- Raper, P.E. "Dictionary of Southern African Place Names". Human Science Research Council. p. 447.
- "Umzumbe". VISIT KZN SOUTH COAST (in Engels (VSA)). 26 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2020. Besoek op 26 Julie 2020.
- "SOUTH COAST, KwaZulu Natal". www.sa-venues.com. Besoek op 26 Julie 2020.
- "Learn To Surf at Umzumbe Surf Camp in South Africa". surfumzumbe (in Engels). Besoek op 26 Julie 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.