Umtiza
Umtiza is 'n monotipiese genus in die Fabaceae familie, wat die enkele spesie Umtiza listeriana bevat. Dit is 'n middelgroot, immergroen boom wat voorkom in die binnelandse streek rondom Oos-Londen. Dit is ‘n bedreigde boomspesie en kom voor op die Suid-Afrikaanse lys van beskermde bome. Die boom se FSA-nommer is 205.[1]
Umtiza | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Umtiza |
Spesie: | U. listeriana |
Binomiale naam | |
Umtiza listeriana Sim | |
Verspreiding in Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Verspreiding
Hierdie boom is inheems in Suid-Afrika. Dit het 'n uiters beperkte verspreidingsgebied, naamlik die woude en klowe langs die Buffels- en Nahoonriviere, die omgewing van Oos-Londen, Kentani en King William’s Town en in die Umtiza-natuurreservaat.
Identifikasie
Die boom is lid van die peulvrugfamilie. Dit groei tot 12 m hoog en is immergroen met veervormige saamgestelde blare van 2-6 cm in lengte. Die takkies het skerp punte en die kernhout is hard, swaar en olieagtig.
Gebruik
Die aantal volwasse bome het die laaste jare skerp afgeneem. Redes daarvoor is hoofsaaklik die uitkap daarvan om plek te maak vir woonplek en die gebruik van dele van die boom as medisyne. In tradisionele gemeenskappe is stukkies bas bo ‘n deur gehang as gewaande weerligafleier en beskerming teen bose geeste en siektes.
Bibliografie
- Eugene Moll: Watter Boom is dit? ISBN 978 1 77007 832 1
- Landbouweekblad, 5 Mei 2022
- businessinsider.co.za
- foodformzansi.co.za