Ulrum

Ulrum (Gronings: Ollerom) is ’n dorp in die munisipaliteit Het Hogeland in die provinsie Groningen in Nederland. Tot 1990 het Ulrum sy eie munisipaliteit gehad.

Ulrum
Dorp
Die kerk van Ulrum, 13de eeu
Die kerk van Ulrum, 13de eeu
Ulrum is in Nederland
Ulrum
Ulrum
Koördinate: 53°21′32″N 6°19′59″O
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Groningen
MunisipaliteitHet Hogeland
Bevolking
  Totaal1 490

Die Afskeiding

Ulrum is die dorp waar Hendrik de Cock in 1834 sy gemeente van die Nederlands Hervormde Kerk afgeskei het. Dit was die begin van die Gereformeerde kerk in Nederland. Presies 25 jaar later het 'n soortgelyke afskeiding op Rustenburg in Suid-Afrika plaasgevind en het die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ontstaan.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.