USS Bennington (CV-20)
Die USS Bennington (CV/CVA/CVS-20) is een van 24 Essex-klas vliegdekskepe wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog vir die Amerikaanse Vloot gebou is. Die skip is genoem na die Slag van Bennington wat tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1777 naby Bennington, Vermont plaasgevind het. Die Bennington se kiel is op 15 Desember 1942 gelê deur die New York Vloot Skeepswerf en die skip is te water gelaat op 26 Februarie 1944, gedoop deur die eggenote van Kongresverteenwoordiger Melvin Maas van Minnesota. Die skip is in diens gestel op 6 Desember 1944 en die eerste kaptein was James B. Sykes.
USS Bennington (CV-20)
Vaartuig klas | Essex-class (short bow), Essex-klas vliegdekskepe |
---|---|
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Vernoem na | Battle of Bennington |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | Brooklyn Navy Yard |
Openingsdatum | 28 Februarie 1944 |
Vlagstaat | Verenigde State |
Teken nommer | CV-20 |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.