UGC 4881

UGC 4881 of Arp 55 is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 500 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Rooikat. Die stelsels is waarskynlik halfpad deur hul samesmeltingsproses – hul kerns is steeds geskei, maar hul skywe oorvleuel.

UGC 4881
’n Hubble-foto van UGC 4881 (in die middel); links onder is die stelsels PGC 82353 en PGC 2242096.
Soort stelselInteraktiewe sterrestelsels
SterrebeeldRooikat
TipeLINER; LIRG HII
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming09h 15m 55.54s[1]
Deklinasie+44° 19 58.2[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar)527 ± 37
Rooiverskuiwing 0,03930 ± 0,00038[2]
Ander nameArp 55, IRAS 09126+4432, MCG +8-17-65, PGC 26132, CGCG 238-25, VV 155
Lugkoördinate
09h 15m 55.54s, +44° 19′ 58.2″
Portaal    Sterrekunde

’n Supernova is in 1999 in die stelsel ontdek en sterrekundiges glo ’n groot mate van stervorming het pas begin. Die stelsel het ’n gekrulde stert met talle sterreswerms.

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.