Tweede Meksikaanse Keiserryk
Die Tweede Meksikaanse Keiserryk (Spaans: Segundo Imperio Mexicano) het vanaf 1864 tot 1867 op die gebied van die huidige Verenigde Meksikaanse State bestaan. Die keiserryk het uit die eerste Meksikaanse Republiek ontstaan wat ná die ontbinding van die Eerste Meksikaanse Keiserryk gestig is. Die keiserryk is tydens die Franse intervensie op 10 April 1864 onder Napoleon III van Frankryk met die Oostenrykse aartshertog Maksimiliaan I van Habsburg as keiser gestig. Napoleon III het Meksiko binnegeval om 'n monargie te stig wat van Frankryk afhanklik sou wees. Met die teregstelling van Maksimiliaan I is die monargie afgeskaf en die Verenigde Meksikaanse State gestig wat steeds bestaan.
| |||||
| |||||
Leuse: Equidad en la Justicia (Spaans vir: "Ekwiteit in geregtigheid") | |||||
Volkslied: Himno Nacional Mexicano | |||||
Hoofstad | Meksikostad 19°26′N 99°08′W | ||||
Taal/Tale | Spaans | ||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1864–1867 | Maksimiliaan I | ||||
Regent | |||||
- 1864–1867 | Juan Almonte | ||||
Wetgewer | Kongres | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Franse intervensie | 8 Desember 1861 | ||||
- Maksimiliaan I aanvaar die kroon | 10 April 1864 | ||||
- Teregstelling van Maksimiliaan I | 19 Junie 1867 | ||||
- Benito Juárez betree Meksikostad | 15 Julie 1867 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1864 | 1 972 550 km2 761 606 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1864 skatting | 8 264 213 | ||||
Digtheid | 4,2 /km² 10,9 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Peso |
Deelgebiede
Die Tweede Meksikaanse Keiserryk het uit 50 deelgebiede bestaan:
|
Bronne
- (en) Arnold Blumberg: The Diplomacy of the Mexican Empire, 1863–1867. Reprinted edition. Krieger, Malabar FL 1987, ISBN 0-89874-931-X.
- (en) René Chartrand: The Mexican Adventure 1861–67. Osprey, London 1994, ISBN 1-85532-430-X (Men-at-arms Series 272).
- (de) Johann Lubienski: Der maximilianeische Staat. Mexiko 1861–1867. Verfassung, Verwaltung und Ideengeschichte. Böhlau, Wien u. a. 1988, ISBN 3-205-05110-6 (Forschungen zur europäischen und vergleichenden Rechtsgeschichte 4).
- (de) Friedrich Weissensteiner: Reformer, Republikaner und Rebellen. Das andere Haus Habsburg-Lothringen. Piper, München 1995, ISBN 3-492-11954-9.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tweede Meksikaanse Keiserryk.
- (en) Keiserryk Meksiko
- (en) (es) Keiserryk Meksiko
- (en) Mexiko: Die Franse intervensie en die Tweede Keiserryk, 1862-1867
Geskiedenis van Meksiko | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|