Turks

Turks (Türkçe [ˈtyɾct͡ʃɛ] ) word deur omtrent 84 miljoen mense wêreldwyd as eerste taal gepraat en is dus die Turkiese taal wat die meeste gepraat word. Die meeste sprekers woon in Turkye en Siprus, met kleiner groepe in Irak, Griekeland, Bulgarye, Noord-Masedonië, Kosovo, Albanië en ander dele van Suidoos- en Oos-Europa. Turks is die amptelike taal van Turkye en die omstrede gebied Noord-Siprus. In Siprus is dit saam met Grieks die amptelike tale.

Status van Turks volgens lande:

 Amptelike taal in Turkye, Siprus en Noord-Siprus

 Erkende minderheidstaal in Bosnië en Herzegowina, Roemenië en Griekeland

 Lande waar dit erken word as 'n minderheidstaal en medeamptelik in minstens een munisipaliteit in Noord-Masedonië, Kosovo en Irak

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Turke.
Turks
Türkçe
Gepraat in: Flag of Cyprus Siprus
Vlag van Turkye Turkye
Flag of Kosovo Kosovo
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Griekeland Griekeland
Vlag van Irak Irak 
Gebied: Suidoos-Europa en Wes-Asië
Totale sprekers: 84 miljoen (eerste taal)
6 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 17
Taalfamilie: Altaïes
 Turkies
  Oghusies
   Wes-Oghusies
    Turks 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Cyprus Siprus
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Turkse Republiek van Noord-Siprus Turkse Republiek van Noord-Siprus
Gereguleer deur: Taalinstituut vir Turks
Taalkodes
ISO 639-1: tr
ISO 639-2: tur
ISO 639-3: tur 
Verspreiding van Turks

In die weste het die invloed van Ottomaanse Turks, die Turkse taal wat in die administratiewe en literêre kringe van die Ottomaanse Ryk gebruik is, versprei namate die Ottomaanse Ryk uitgebrei het. In 1928 is die Ottomaanse Turkse alfabet met die Latynse alfabet vervang as een van Atatürk se hervormings in die vroeë jare van die Republiek Turkye.[2]

Sommige kenmerkende aspekte van die Turkse taal is vokaalharmonie en uitgebreide agglutinasie. Die basiese woordorde van Turks is onderwerp–voorwerp–werkwoord. Turks het geen naamwoordklasse of grammatikale geslag nie. Die taal maak gebruik van eerbewyse en maak onderskeid tussen verskillende vlakke van beleefdheid, sosiale afstand, ouderdom, hoflikheid en bekendheid teenoor die geadresseerde. Die meervoud tweedepersoon voornaamwoord en werkwoordvorme word gebruik wat verwys na 'n enkele persoon uit respek.[3]

Verwysings

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, 26th ed., Turkish". Ethnologue. Besoek op 8 Februarie 2024.
  2. (en) Bayram Balci (2018). Islam in Central Asia and the Caucasus Since the Fall of the Soviet Union. Oxford University Press. p. 36. ISBN 978-0-19-005030-6.
  3. (en) Aalto, P. "Iranian Contacts of the Turks in Pre-Islamic times", in Studia Turcica, ed. L. Ligeti, Budapest, 1971, bl. 29–37.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.