Geelbeklyster
Die Geelbeklyster (Turdus smithi) is 'n endemiese, gelokaliseerde algemene standvoël meestal in rivierbos en halfdorre Karoo en ingevoerde boomveld op hoëveld. Dit is ook 'n algemene tuinvoël. Hulle kom een-een of in pare voor maar vorm groepe buite broeityd. Die voël is 22 – 24 cm groot en weeg 60 - 86 gram. In Engels staan die voël bekend as die Karoo Thrush.
Nes Eier Twee kuikens Jongeling
Geelbeklyster | |
---|---|
'n Volwasse geelbeklyster | |
sang | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. smithi |
Binomiale naam | |
Turdus smithi Bonaparte, 1850 | |
Kyk ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.