Tupai

Tupai, ook bekend as Motu Iti, is ’n laagliggende atol in die Benedewindse Eilande van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië, ’n Franse oorsese gebied in die Stille Oseaan. Dit is 19 km noord van Bora Bora en is net 11 km2 groot.

Ligging in die Geselskapseilande.
Tupai
Inheemse naam: Tūpai

’n Nasa-foto van Tupai.
Geografie
LiggingStille Oseaan
Koördinate16°17′S 151°50′W
ArgipelGeselskapseilande

Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebiedFrans-Polinesië

Die breë koraalrif, met ’n feitlik aaneenlopende string klein eilandjies, omsluit ’n vlak en sanderige strandmeer. Tupai het geen heeltydse inwoners buiten werkers in die klapperplantasies nie.

Daar is ’n privaat vliegveld op Tupai. Dit is in 2001 ingewy en die gebruik daarvan word beperk.

Administrasie

Tupai behoort administratief tot die munisipaliteit Bora Bora.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.