Tugelawaterval

Die Tugelawaterval is 'n 948 m hoë waterval. Dit is naby die oorsprong van die Tugelarivier by Mont-aux-Sources, 'n piek van die Drakensberge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld. Die waterval is gemiddeld 15 m wyd met 'n volume van 1 m3/s. Tegnies bestaan die val uit vyf valle met die hoogste enkele val van 411 m. Die waterval is net te voet bereikbaar.[1]

Die Tugelawaterval.

Die hoogste waterval ter wêreld is die Angel-val in Venezuela, wat 979 m hoog is.

In 2016 is albei die Tugelawaterval en die Angel-val hermeet deur 'n Tsjeggiese span onder leiding van Martin Sil. Die span se meetings het bevestig dat die Angel-val 978 meter hoog is, maar hul meetings het getoon dat die Tugelawaterval op 983 meter die hoogste waterval in die wêreld is.[2] Hulle het egter verduidelik dat die Angel-val op 807 meter val, die grootste ononderbroke val. Die grootste ononderbroke val vir die Tugelawaterval is 411 meter.

Verwysings

  1. http://www.world-waterfalls.com/
  2. (en) "Czech surveyors: Tugela, not Angel is world's tallest waterfall". Prague Daily Monitor. 13 Desember 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2017. Besoek op 23 Oktober 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.