Tugela-moddervis
Die Tugela-moddervis (Labeo rubromaculatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Tugelarivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as die Tugela labeo.
Tugela-moddervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | (Cuvier, 1817) |
Spesie: | L. rubromaculatus |
Binomiale naam | |
Labeo rubromaculatus (Gilchrist & Thompson, 1913) | |
Voorkoms
Daar is twee pare baarde om die mond. Die skubbe op die rug, voor die dorsale vin en op die pens en bors is klein. Die onvolwasse vis is silwer van kleur en slank. Die volwasse visse is olyf-grys met 'n goue-bruin skynsel op die skubbe. Die vis word tot 500 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 1.95 kg.
Habitat
Die vis verkies om in diep poele en stadig vloeiende gedeeltes van die rivier te leef. Hulle vreet groen alge, detritus en diatome. Die visse migreer in skole stroomop gedurende die lente en somer om te broei. 'n Groot volume klein eiers word gelĂȘ en die klein vissies leef in vlak, stilwater.
Sien ook
Bron
- 'n Volledige Gids tot die VARSWATERVISSE van Suider-Afrika. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1