Tugela
Tugela is 'n nedersetting aan die suidelike oewer van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die R102-hoofpad gaan by die dorp verby.
Tugela | |
---|---|
Tugela Tugela se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 29°11′S 31°25′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | iLembe |
Munisipaliteit | Mandeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 15,61 km2 (6,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 492 |
• Digtheid | 672/km2 (1 740/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 13.2% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 84.1% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 78.0% |
• Engels | 16.7% |
• Gebaretaal | 1.3% |
• Ndebele | 1.2% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 4451 |
Landmerke
Daar is twee historiese landmerke in die omgewing. Die eerste is die oorblyfsels van Fort Pearson bo-op 'n heuwel. Die fort is na kol. C.K. Pearson vernoem. Die tweede is die Ultimatumboom, 'n wildevy. Onder hierdie boom het die Britse kommissarisse onder leiding van John Shepstone op 11 Desember 1878 'n ultimatum aan die Zoeloekoning Cetshwayo gestel. Een van die eise was onderwerping van die Zoeloes aan Britse gesag. Die Zoeloes het die ultimatum verwerp, wat gelei het tot die Anglo-Zoeloe-oorlog.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Tugela". Sensus 2011.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.