TuS Mechtersheim

TuS Mechtersheim is 'n sportklub uit Römerberg in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Mechtersheim is 'n dorpsdeel van Römerberg wat tot in 1969 'n onafhanklike dorp was.

TuS Mechtersheim

Volledige naamTurn- und Sportverein 1914
Mechtersheim e.V.
Stigtingsdatum1 Maart 1914
TuisveldStadion an der Kirschenallee,
Römerberg
Kapasiteit2 000
KompetisieOberliga Suidwes

Die klub is op 1 Maart 1914 as Viktoria Mechtersheim gestig. Die klub is later in dieselfde jaar ontbind, maar onmiddellik herstig as Sportverein Mechtersheim. Die klub is in 1930 herdoop as Turn- und Sportverein 1914 e.V. Mechtersheim (die huidige naam). Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar weer in 1946 herstig as ASV Mechtersheim. In 1950 het die klub weer die huidige naam aangeneem.

Die klub se grootste prestasie was om die Oberliga Suidwes te haal in 2004.

Onlangse ligaposisionering

  • 1989-90 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de
  • 1990-91 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de
  • 1991-92 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 6de
  • 1992-93 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 4de
  • 1993-94 (VI) Bezirksliga Vorderpalts 3de
  • 1994-95 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 3de
  • 1995-96 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 4de
  • 1996-97 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 3de
  • 1997-98 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 2de
  • 1998-99 (VII) Bezirksliga Vorderpalts 2de
  • 1999-00 (VI) Landesliga Suidwes Oos 6de
  • 2000-01 (VI) Landesliga Suidwes Oos 2de
  • 2001-02 (V) Verbandsliga Suidwes 5de
  • 2002-03 (V) Verbandsliga Suidwes 4de
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste
  • 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 13de
  • 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 13de
  • 2006-07 (IV) Oberliga Suidwes 14de
  • 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes

Eksterne skakels

Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen

Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein -
SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken -
Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II -
SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.