Tsolo

Tsolo is 'n nedersetting in die voormalige Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 5 km vanaf die N2 nasionale pad en sowat 42 km noordwes van Mthatha.

Tsolo
Tsolo is in Oos-Kaap
Tsolo
Tsolo
 Tsolo se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°19′0″S 28°45′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikO.R. Tambo
MunisipaliteitMhlontlo
Oppervlak
  Totaal46,74 km2 (18,05 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal7 794
  Digtheid167/km2 (430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.4%
  Indiërs/Asiërs1.4%
  Bruin mense1.5%
  Swart mense96.3%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Xhosa 91.7%
  Engels 2.5%
  Afrikaans 1.8%
  Ander 4.1%
Poskode (strate)
5120
Skakelkode047

Geskiedenis

Die naam beteken "gepunt" en verwys na die gepunte koppies wat in die gebied voorkom. Die setel van die eerste magistraat is in 1879 hier naby gevestig maar ná die Pondo-opstand van 1880 na Tsolo verskuif.

Distrik

Die distrik is 1 680 km2 groot. Die Jongelizwe-kollege vir die seuns van die hoofmanne is in 1959 gestig. Die kollege moet die seuns van die Xhosa- en Basotho-hoofmanne in die kuns van stamregering oplei.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. "Hoofplek Tsolo". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.