Tsjernozemelski-rajon
Tsjernozemelski-rajon (Russies: Черноземельский район, Kalmikies: Хар Һазра район, Char Gazra rajon) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die oostelike deel van die republiek en grens aan 'n ander federale deelgebied van Rusland, Astrachan-oblast. Die rajon se setel is die dorp Komsomolski.
Tsjernozemelski-rajon Черноземельский район | ||||
Die ligging van Tsjernozemelski-rajon in Kalmikië | ||||
Politieke status | ||||
Land | Rusland | |||
Federale distrik | Suidelike | |||
Deelgebied | Kalmikië | |||
Tipe | Rajon | |||
Stigting | 1951 | |||
Regering | ||||
Setel | Komsomolski | |||
Hoof | Witali Krilof | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2021 | |||
Totaal | 12 343 | |||
Volgorde | 6de | |||
Digtheid | 0,87/km² | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 14 192 km² | |||
Volgorde | 1ste | |||
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) | |||
Registrasienommer | 08 | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Die rajon se naam kom van die naam van die Tsjornije Zemliwoestyn waarvan die letterlike betekenis "swart gronde" is.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Tsjernozemelski-rajon 13 258 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.[1]
Etniese groep | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 7 510 | 56,7% |
Russe | 1 624 | 12,3% |
Dargine | 1 603 | 12,1% |
Aware | 952 | 7,2% |
Tsjetsjniërs | 653 | 4,9% |
Kasakke | 385 | 2,9% |
Roetoele | 120 | 0,9% |
Koemikke | 98 | 0,7% |
Ander groepe | 302 | 2,3% |
Onbekend | 11 | 0,1% |
Totaal | 13 258 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 10 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.