Tsjegge
Die Tsjegge (Tsjeggies: Češi, [ˈtʃɛʃɪ], manlike enkelvoud: Čech, vroulike enkelvoud: Češka) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Tsjeggië wat Tsjeggies, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Tsjeggië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 64% van dié land se bevolking uit.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tsjeggies.
Tsjegge | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 10–12 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Tsjeggië 6,7–9,2 miljoen[1] Verenigde State ~1,5 miljoen[2] |
Taal: | Tsjeggies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik ongebonde (Ateïsme, Agnostisisme, Deïsme) of Rooms-Katolieke Kerk, Lutheranisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Wes-Slawiese volke soos Pole, Slowake en Sorbe[10] |
Wêreldwyd leef tussen 10 en 12 miljoen Tsjegge, waarvan tussen 6,7 en 9,2 miljoen in Tsjeggië en 1,5 miljoen in die Verenigde State. Naas Tsjegge leef nog minderhede soos Morawiërs (4,9%) en Slowake (1,4%) in Tsjeggië.
Volgens 'n gewilde mite is die Tsjegge afstammelinge van die stamvader Tsjech wat saam met Ljech en Roes as mitiese stigters van die drie Slawiese nasies Pole, Rusland en Tsjeggië beskou word.
Geloof
Tsjeggië het een van die minste religieuse bevolkings in Europa en volgens die 2011-sensus is 79% van die landsbevolking agnosties, ateïsties, nie-gelowig of 'n nie-georganiseerde gelowige. Sowat 10% is Rooms-Katolieke.
Verwysings
- "CIA - The World Factbook - Czech Republic" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2016.
- (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012. Besoek op 5 Mei 2016.
- (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Besoek op 5 Mei 2016.
- "Table 1.3: Overseas-born population in the United Kingdom, excluding some residents in communal establishments, by sex, by country of birth, January 2013 to December 2013" (in Engels). Office for National Statistics. 2 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2016. Besoek op 20 Julie 2015.
- "Bevölkerung nach Staatsangehörigkeit und Geburtsland" (in Duits). Statistik Austria. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
- "CSO Emigration" (PDF) (in Engels). Census Office Ireland. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Maart 2019. Besoek op 29 Januarie 2013.
- (sr) "Попис становништва, домаћинстава и станова 2011. у Републици Србији: Становништво према националној припадности - "Остали" етничке заједнице са мање од 2000 припадника и двојако изјашњени" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 April 2016. Besoek op 5 Mei 2016.
- "Czech" (in Engels). Joshua Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
- (cz) "webzdarma - Soubor nenalezen / File not found". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2007. Besoek op 14 November 2014.
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, West" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2015. Besoek op 5 Mei 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tsjegge.