Tsjagan
Tsjagan (Russies: Чаган) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Tsjagan Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Oespech en Oewari, insluit. Soos baie ander dorpies in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n eiland tussen die Tsjagan-, Bolsjoi Kal- en Wolgariviere 10 kilometer noordwes van die rajon se setel, Kamiziak.
Tsjagan Чаган | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Tsjagan Die ligging van Tsjagan in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 46°10′26″N 47°58′31″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 1 502 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416303 |
Geskiedenis
Tsjagan is in 1699 as 'n vissersdorpie gestig. Die dorpie se naam kom van die naam van 'n nabygeleë rivier wat van Tartaarse oorsprong is en "esdoring" beteken.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Tsjagan 1 464 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 1 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.