Tsagan Aman
Tsagan Aman (Russies: Цаган Аман, Kalmikies: Цаһан Аман) is 'n dorp in Kalmikië, Rusland en die setel van Joesta-rajon. Dit is ook die setel van die gelyknamige Tsagan Aman Plaaslike Munisipaliteit wat nog een keleiner nedersetting, Tsagan Boelg, insluit.
Tsagan Aman Цаган Аман | |
---|---|
Dorp | |
Die Boeddhistiese Toemgjoed Gafdzji-choroel op Tsagan Aman | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Tsagan Aman Die ligging van Tsagan Aman in Kalmikië | |
Koördinate: 47°33′25″N 46°43′06″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Joesta |
Bevolking | |
• Totaal | 5 578 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359300 |
Tsagan Aman lê op die regteroewer van die Wolgarivier en grens an Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Tsagan Aman 6 004 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 4900 | 81,6% |
Russe | 664 | 11,1% |
Kasakke | 266 | 4,4% |
Koreane | 76 | 1,3% |
Duitsers | 14 | 0,2% |
Georgiërs | 11 | 0,2% |
Oesbeke | 10 | 0,2% |
Tartare | 10 | 0,2% |
Oekraïners | 9 | 0,1% |
Basjkiriërs | 6 | 0,1% |
Tadjiks | 6 | 0,1% |
Turke | 6 | 0,1% |
Armene | 5 | 0,1% |
Maris | 5 | 0,1% |
Tsjetsjniërs | 5 | 0,1% |
Azerbeidjanners | 4 | 0,1% |
Chakasse | 4 | 0,1% |
Litauers | 3 | 0,1% |
Totaal | 6004 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 21 Julie 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.