Trosden
Die trosden (Pinus pinaster) is 'n indringerplant en keëldraende boom wat tot 15 m hoog kan word. Dit groei in berg- en laaglandfynbos aan die suidkus van die Wes-Kaap. Die boom is deur vroeë setlaars in die Kaapse Skiereiland ingevoer; dit was aanvanklik aangeplant om watervloei van Tafelberg af te verbeter.
Trosden | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Pinopsida |
Orde: | Pinales |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. pinaster |
Binomiale naam | |
Pinus pinaster Aiton | |
natuurlike verspreiding
genaturaliseer (uitheems)
✖ geïsoleerde bevolkings |
Voorkoms
Die boom is groot, keëldraend en met 'n keëlvormige kroon. Die bas het duidelike donker groewe. Die naaldblare is in pare.
Die boom is inheems in Mediterreense Europa en Noord-Afrika.
Bronne
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
- Farjon, A. (2011). "Pinus pinaster". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 15 Februarie 2015.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trosden.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Trosden
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.