Trompsburg
Trompsburg is 'n dorp in die provinsie Vrystaat (Suid-Afrika) en die ekonomiese sentrum van die Suid-Afrikaanse merinoskaapteelt. Die dorp is 37 km suid van Edenburg, 30 km noord van Springfontein en die N1 nasionale pad gaan langs die dorpie verby.
Trompsburg | |
---|---|
![]() Trompsburg se stadsaal | |
![]() ![]() Trompsburg ![]() | |
Koördinate: 30°01′0″S 25°46′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Kopanong |
Stigting | 1891 |
Regering | |
• Tipe | Munisipaliteit |
• Burgemeester | Xolile Mathwa (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,2 km2 (6,3 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 338 |
• Digtheid | 330/km2 (900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 22.1% |
• Swart mense | 70.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Suid-Sotho | 41.3% |
• Afrikaans | 35.7% |
• Xhosa | 15.7% |
• Engels | 1.8% |
• Ander | 5.5% |
Poskode (strate) | 9913 |
Poskode (posbusse) | 9913 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis


Met die bou van 'n spoorlyn in die gebied het die dorp ontwikkel op die plaas Middelwater, wat aan Jan en Bastiaan Tromp behoort het.
Die dorp se naam is verskeie kere gewysig. Dit het aanvanklik bekend gestaan as Jagersfontein Road, maar is later ter ere van Sir Hamilton John Goold-Adams, goewerneur van die Oranjerivierkolonie in die tydperk tussen 1902 en 1910, herdoop tot Hamilton. Die huidige naam herinner aan die oorspronklike eienaars van die plaas Middelwater.
Trompsburg het in 1902 munisipale status verkry.
Distrik
Die distrik is ongeveer 2 000 km² groot. Daar word hoofsaaklik met Merinoskape geboer.
Boorlinge
- Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer.
Sien ook
- Gereformeerde kerk Reddersburg, waaronder Trompsburg ressorteer
- NG gemeente Trompsburg
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
- Som van die hoofplekke Madikgetla en Trompsburg tydens die 2011-Sensus.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trompsburg.