Trompetterswaan
Die trompetterswaan (Cygnus buccinator) is die grootste voël endemies aan Noord-Amerika en een van die grootste watervoëls in die wêreld.
Trompetterswaan | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. buccinator |
Binomiale naam | |
Cygnus buccinator Richardson, 1832 | |
Hierdie groot swane - die grootste van al die swane - het 'n vlerkspan van tot 3 m. Hulle het 'n spierwit veredos, met hul kenmerkende lang nek en hul snawels is geheel en al swart. Hulle het 'n harde roep wat, soos die naam aandui, soos 'n trompet klink.
Hulle dieet bestaan hoofsaaklik uit waterplante, maar hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Trompetterswane broei tussen Oktober en Desember en tans slegs in die Red Rock Lakes National Wildlife Refuge, die Yellowstone Nasionale Park en 'n paar ander beskermde gebiede in Montana, Idaho en Wyoming in die VSA, Kanada en Alaska. Hulle bou 'n groot nes naby die water, wat uit die wortels en stingels van waterplante bestaan. Die wyfie lê vier tot sewe eiers, wat na 33 tot 40 dae uitbroei. Na vier tot vyd jaar is die kuikens self broeigereed.
Bronnelys
- IUCN: Cygnus buccinator
- Hilko Insel, (2005): Eksotiese Watervoëls. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0799334286